Tegnikus opgesluit in OTM

’n Tegnikus wat saam met ander gewerk het aan ’n OTM in Texas, Amerika, is per abuis deur sy medewerkers toegesluit binne in die geboutjie.

Terwyl hy bly roep het om hulp, het mense kort-kort geld getrek sonder om ag te slaan op die geroep wat hulle hoor.

Die man kon ook nie sy kolegas bel nie, want hy het sy selfoon in sy voertuig vergeet, en moes staatmaak op ’n geroep wat niks gehelp het nie.

In ’n poging om verbygangers se aandag te kry, het hy die hoof waaronder hy werk, se naam en telefoonnommer herhaaldelik uitgeskree, maar niemand het werklik daarop gereageer nie.

Polisie wat verby beweeg het, het die geroep en verstrekking van telefoonnommers eers as ’n grap beskou, maar het later besef dat iets nie pluis is nie.

Na twee uur in die klein geboutjie is die tegnikus eers bevry nadat hy ’n briefie kon skryf en deur die geld gleuf aan ’n kliënt gee wat geld wou trek, waarop die polisie kon reageer.