Taxibedryf pers regering af

Die dreigende staking van huurmotor bestuurders eerskomende Woensdag is voorlopig afgeweer.

Die minister van vervoer, Joe Maswanganyi, toegegee het aan die eise van die taxivereniging, Santaco.

Hy het onderneem dat hy en sy departement die klagtes rondom hoë pryse van minibussies, asook hoë finansiering van aankope van dié voertuie, sal ondersoek.

Die taxibedryf maak beswaar teen die styging van minibusse se pryse, waaraan elke voornemende motorkoper onderwerp word. Hulle eis egter ‘n afslag van ongeveer R200 000 per voertuig.

Tydens die vorige “staking” het die taxibestuurders nie bloot tuisgebly nie, maar kliphard gewerk om die verkeer te ontwrig deur paaie te versper.