Talle onderteken nie kernverdrag

Meer as 120 lidstate van die Verenigde Nasies het die afgelope week ’n verdrag onderteken wat kernwapen ontwikkeling verbied, maar België het geweier om die verdrag te onderteken.

Die verdrag wat ook ’n verbod plaas op die gebruik van kernwapens, is deur die Verenigde Nasies se lidlande goedgekeur.

Die opmerking is later gemaak dat die wêreld reeds sewentig jaar lank wag op die onderneming, omdat die gebeure van Augustus 1945 nog vars in die geheue is toe Amerika die eerste atoombom op Hirosjima gegooi het.

Saam met België het sowat 40 lande geweier om die verdrag te onderteken, waarvan Amerika, Rusland, Brittanje, Sjina, Frankryk, Indië, Pakistan, Israel en Noord-Korea die belangrikste moondhede is

Militêre deskundiges sê die verdrag is van geen waarde nie aangesien lande soos Sjina, Rusland en Noord-Korea nie die verdrag onderteken het nie, en waarskynlik nie sal huiwer om kernwapens te gebruik in geval van ’n volskaalse oorlog nie.