Talle geboue in Londen gevaarlik

In die nasleep van die verwoestende brand in die Grenfell Tower woonstelblok van Londen is ondersoek gedoen na ander geboue in die stad wat ook moontlik nie aan die veiligheid standaarde voldoen nie.

Veiligheidstoetse is uitgevoer op ander woonstelgeboue in die stad, en minstens 181 ander geboue is geïdentifiseer wat ook nie aan die vereiste standaarde voldoen nie.

Die geboue word onderwerp aan ’n toets vir vuurbestandheid, en word gedoen onder die toesig van die departement van gemeenskapsveiligheid deur die plaaslike owerheid.

Sowat 80 mense het omgekom toe ’n foutiewe yskas ’n brand veroorsaak het in die Grenfell Tower waar sowat 800 mense woon, terwyl talle in hospitale behandeling moes ontvang.