Swart polisiebeampte skiet Australiese vrou

Die bure, vriende en familie van die saggeaarde vrou, Justin Damond, wag op die polisie om te verduidelik waarom sy doodgeskiet is.

Familie is desperaat omdat geen verduideliking gegee word oor wat die omstandighede was wat ’n swart polisiebeampte van Minneapolis daartoe gebring het om die dame dood te skiet nie.

Sy is deur die polisieman doodgeskiet terwyl sy in haar slaapklere vlak by haar woonhuis gestaan het en geen bedreiging vir enige iemand kon wees nie.

’n Familielid, Don Damond, het aan die media gesê hy vind dit vreemd dat die polisie die naasbestaandes “steeds in die donker hou” oor die voorval.

“Ons het die wonderlikste van alle mense verloor en is nou desperaat om die rede vir so ’n wandaad te verneem”, het hy gesê.

Polisie het later ’n verklaring uitgereik wat sê twee polisiebeamptes het ’n oproep gehad van geweld, en die een polisieman het met sy wapen ’n skoot afgevuur wat die vrou noodlottig getref het.

Die kamera wat veronderstel is om die polisie se optrede op film vas te vang, was afgeskakel, en word as uiters vreemd beskou.

’n Volledige polisieondersoek word vereis deur die familie wat die hoop uitgespreek het dat hulle vertrou dit is nie ’n rasgedrewe voorval nie.