Suid Afrika onder diktator

Die uitgesproke ANC parlementslid,  Makhosi Khoza, het in haar mees onlangse boodskappe op sosiale media gesê dat Suid Afrika tans onder ‘n diktator staan.

Khoza het haar reeds die gramskap van die ANC op die hals gehaal met haar openlike kritiek op die party se leier, Jacob Zuma.

Sy het ook ‘n beroep op die speaker van die parlement gedoen dat parlementslede toegelaat moet word om per geheime stem hulle mening uit te spreek oor die mosie van wantroue wat eersdaags teen Zuma tot stemming gebring gaan word.  As gevolg daarvan het Khoza verskeie doodsdreigemente teen haar en haar familie ontvang en is haar persoonlike beveiliging opgeknap.

Nogtans weier sy om stil te bly en sê sy nou dat immorele leierskap belangriker is vir die ANC as die mense wat hul moet dien.

Sy gaan glo binnekort aan ‘n tugverhoor binne die ANC onderwerp word, wat kan beteken dat sy uit die party en dus die parlement geskop kan word.

Foto: Makhosi Khoza