Statistiek van vernielde stadsale groei

Die statistiek van stadsale wat verniel of verwoes word, is besig om asemrowend te styg.

Die afbrand van Bloemfontein se historiese stadsaal verlede maand het veral die aandag getrek. Voorheen is die stadsaal van Belfast skynbaar ook beskadig, en daarna het ‘n saal in Milnerton in die slag gebly.

Die naweek was dit die beurt van Messina se stadsaal, wat aanvanklik skynbaar onverklaarbaar afgebrand het.

Nou blyk dit egter dat verskeie elemente van menslike betrokkenheid by die brand aan die lig gekom het.  ‘n Venster van die gebou is gebreek, en dit wil voorkom of ‘n brandbare stof soos lampolie of petrol gebruik is om die brand aan die gang te kry.