Spanning bou op tussen Duitsland en Turkye

Die spanning verhoog teen die spoed van lig tussen Duitsland en Turkye, wat die geduld van kanselier Angela Merkel na breekpunt druk.

Duitsers wat in Turkye werk word een na die ander gearresteer en dit veroorsaak dat diplomatieke konflik vinnig aan die toeneem is.

Die vertrouenskrisis tussen Navo bondgenote is gevolglik in gedrang, en kanselier Merkel het weer beklemtoon dat die ernstige verdeeldheid in Turkye na die mislukte staatsgreep, aan die voete van president Erdogan gelê moet word.

President Erdogan het in reaksie gesê die Duitse kanselier openbaar ’n Nazi gebiedendheid wat nie versoenbaar is met vrede nie.

Maar Berlyn is moeg daarvoor dat Duitse burgers deur Turkye in hegtenis geneem word om druk op kanselier Merkel te sit om Koerde en Turke aan Ankara uit te lewer wat as verdagtes in die staatsgreep poging beskou word.

Turkye beweer dat talle medepligtiges in Duitsland skuil, waarvan daar militariste, diplomate, regters, aanklaers en ander staatsamptenare is wat Duitsland moet uitlewer, maar deurlopend weier om daaraan te voldoen.

Foto – Kanselier Angela Merkel