Shabir nou al 8 jaar terminaal siek

Agt jaar nadat die veroordeelde bedrieër, Shabir Sheik, op parool vrygelaat is omdat hy terminaal siek sou wees, word hy steeds as sodanig beskou.

Dit ten spyte van die feit dat sy paroolvoorwaardes sodanig verslap is, dat hy toestemming het om van Maandag tot Vrydag vanaf 08:00 tot 18:30 te kan gaan werk, dat hy tussen 17:00 en 19:00 sy seun se skoolfunksies kan bywoon, dat hy eenmaal per week tussen 12:00 en 19:00 sportfunksies kan bywoon, en dat hy gereeld toestemming kry om die provinsie te verlaat.

Hierdie toedrag van sake is der die minister van justisie en korrektiewe dienste, Masutha, bevestig in die parlement.

Medici sê egter dat met so ‘n bedrywige program, wat daaglikse werk insluit, iemand beslis nie as terminaal siek gediagnoseer kan word nie.

Shaik is op omstrede wyse op parool vrygelaat in 2009 nadat hy slegs twee jaar uitgedien het van ‘n vonnis van 15 jaar vir klagtes van korrupsie en bedrog.

Tot hede is nog geen verband geopenbaar tussen Shaik en die Guptas nie, maar waarnemers sê hulle sal nie verbaas wees as die Guptas ook hierin ‘n rol gespeel het nie.