Senior personeel van UJ geskors

Twee personeellede van die Universiteit van Johannesburg, proff. Roy Marcus en Jaco van Schoor, is geskors vir 11 dae hangende ‘n ondersoek oor beweerde gelde wat deur die twee lede gekanaliseer is na hul eie besighede.

Daar word beweer dat die twee misbruik gemaak het van hul posisies deur gelde wat geoormerk was vir projekte na hul eie rekeninge te kanaliseer.

‘n Bedrag van R25 miljoen is glo ter sprake.