Senator McCain gekant teen Gesondheidsplan

Die Amerikaanse Republikein, senator John McCain, by wie onlangs ’n breingewas gevind is, het teruggekeer na die Senaat om sy stem uit te bring teen die beoogde beëindiging van die omstrede ObamaCare gesondheidsplan.

Die Senaat het Dinsdag beslis oor die moontlikheid om die ObamaCare plan te vervang met ’n nuwe versekeringsplan wat deur president Donald Trump voorgestel is.

Dit is bekend dat Senator McCain nie langs dieselfde vuur as president Trump sit nie, en het reeds by verskeie geleenthede uitsprake gemaak van ontevredenheid teen die president.

Die Republikeine het ’n redelike meerderheid in die Amerikaanse Senaat, maar politieke ontleders meen dat McCain sy invloed sal gebruik om Republikeinse senatore te oorreed om teen die nuwe voorstel te stem.

McCain het egter gesê hy keer terug na die Senaat omdat belangrike besluite geneem gaan word oor sanksies teen Rusland en ’n nuwe wetsontwerp oor verdediging sake.

Die gewas by die senator is ontdek nadat hy ’n operasie moes ondergaan om ’n bloedklont by se oog te verwyder.

Foto – Senator John McCain