SASSA hoof afgedank

Minister van Sosiale Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het die hoof uitvoerende beampte van SASSA afgedank en hy vorm nou deel van ‘n ellelange lys van direkteurs-generaal  en senior regeringsbeamptes wat afgedank is.

Met die hangende afdanking van Dan Mashito by Departement Water en Sanitasie, sal die getal senior bestuurders wat aldaar geskors is op vyf te staan kom.

Mashito het ses maande in die pos gestaan en die departement skuld kontrakteurs tans  R1,5 miljard.