SAP gee 10% aan die Guptas

Dit het aan die lig gekom dat die sagteware firma SAP van Duitsland, ooreengekom het om 10% kommissie te betaal aan ‘n maatskappy wat beheer word deur die Guptas.

Dit is betaal om ‘n Transnet  kontrak te bekom van meer as ‘n miljard rand.

Die betaling van R99,9 miljoen is aan CAD House betaal, wat die vermoede bevestig dat selfs ‘n multimiljoen firma gebruik maak van politieke verbintenisse om kontrakte te bekom en daardeur die risiko te loop om internasionale teenkorrupsie wette te oortree.

SAP ontken die betaling van omkoopgeld en sê dat CAD House opgetree het as ‘n uitbreiding van hul verkoopsmag.

CAD House is ‘n verlenging van die Sahara groep wat toon dat die verbintenisse met die Guptas daar was.  Onlangs is Neotel, die privaat telekommunikasie groep, ook betrek by die verkryging van Transnet kontrakte. Dit het gelei daartoe dat beide die hoof uitvoerende beampte en die hoof finansiële beampte met verlof gegaan het en uiteindelik afgedank is.