SAKP wil op sy eie verkiesing veg

Die SAKP moet op sy eie aan die volgende algemene verkiesing deelneem.

Dit is nie die eerste keer dat die oproep gehoor is nie, maar die jongste oproep kom vanuit Noordwes se kommunistiese geledere. Hulle is ontevrede met die samestelling van die huidige drieparty alliansie en eis dat die ANC dit moet hersaamstel.

Waarskynlik sal dit een van die besprekingspunte wees op die SAKP se 14de Nasionale Kongres wees wat vandag in Boksburg begin.  Staatskaping sal waarskynlik ook een van die warm besprekingspunte wees.

Die SAKP is sedert 1994 baie sterk in die ANC-regerings verteenwoordig en oefen baie invloed uit in die land se bestuur, alhoewel hulle steun nooit werklik by die stembus getoets is nie. Daar is egter tans groot ongelukkigheid met Jacob Zuma.