SA disfunksioneel as staat sê Kommuniste

Selfs die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) bevraagteken die funksionering van Suid Afrika as ‘n staat, al is hy deel van die land se regering met verskeie SAKP-lede wat ministers is in Zuma se kabinet.

Volgens Blade Nzimande, die sekretaris generaal van die SAKP, is ongebreidelde korrupsie, staatskaping en die Gupta manipulering van die ANC rede tot kommer. Die ANC wil nie graag hierdie beskuldigings hoor nie maar die SAKP sal daaroor praat.

Hy het ook die SAUK, BlackLandFirst en die Guptas bygekom in sy toespraak by die SAKP se 14de kongres.

Die SAKP het geweier dat Zuma hulle kongres bywoon, en Cyril Ramaphosa sal vandag namens die ANC daar optree.

Een van die sake wat bespreek word of die drieparty alliansie kan voortgaan en of die SAKP dit moet oorweeg om op sy eie aan die volgende verkiesing moet deelneem.

Foto: Blade Nzimande