Rooimiere slaan toe

Die Rooimiere het in Johannesburg toegeslaan en ‘n 12-verdieping gebou “skoongemaak”.

Mediaberigte vertel die verhaal van ‘n eens mooi gebou wat in 1937 opgerig is, en al wat oorgebly het is stukkende vensters en roet en as van vure wat binne die gebou gemaak word.

Geen elektrisiteit en geen water maak dat brandkrane gebruik word om water te verkry.

Reeds vanaf die jare negentig het Johannesburg te kampe met geboue wat eenvoudig beset word hoofsaaklik onwettige immigrante, en geboue verloor dan sodanig hulle waarde, dat eienaars eenvoudig wegstap en die verliese aanvaar. Riolering word verstop en gesondheidsrisiko’s ontstaan.

‘n Soortgelyke lot het die eens trotse Strubenpark woonstelkompleks in Pretoria getref, en uiteindelik het die gebou so gevaarlik geword dat alle inwoners verwyder moes word.