Riviere kry stinkende hupstoot

Volgens ‘n verslag  word daar daagliks 50 000 ton rou riool per sekonde in riviere gestort.

Dit blyk dat die munisipale rioolstelsels landswyd nie meer in goeie werkende toestand is nie.

Slegs 60 van die 824 watersuiweringsaanlegte laat skoon water vry. Dit verteenwoordig dus ‘n skamele 7,3 % van die aanlegte wat funksioneel is.

Die E-coli bakterie, wat ontstaan uit menslike afskeiding, is besig om damme en riviere se natuurlike lewe dood te maak.

Die jaarlikse verslag van Green Drop bevestig die syfers en meld dat daar reeds in 2013 slegs 10% rioolwerke in staat was om water te suiwer.