Reuse hommeltuig is bewaker van Trump

’n Reuse hommeltuig wat byna 5 ton weeg, is gebruik om die paradegronde te bewaak waar president Donald Trump die Franse se militêre parade bywoon as eregas tydens die nasionale feesdag.

Die Franse president, Emmanuel Macron, het Donald Trump en sy eggenote, Melanie, genooi om as eregaste die Franse se nasionale feesdag te herdenk, wat ook saamval met die herdenking van Amerika se betrokkenheid in die Eerste Wêreldoorlog van 100 jaar gelede.

Minstens twee van die reuse hommeltuie is deur die Franse weermag ingespan om ’n wakende oog te hou oor die gebeure by die paradegrond van die welbekende Elysées paleis.

Talle vlae van Amerika is saam met die Franse Driekleur vertoon om luister aan die feesgeleentheid te verleen.