Reserwebank sny repokoers

In ‘n redelik onverwagte stap het die Reserwebank die uitleenkoers van geld met 25 basis punte gesny tot 6,75%.

Dit is die eerste aanpassing van die uitleenkoers sedert Maart 2106.

Jan Publiek se leenkoers van banke sal verlaag van 10,5% na 10,25%.

Die rand het wisselend gereageer op die nuus, deur eers te verstewig maar feitlik dadelik weer te verswak tot onder R13 teen die dollar.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het egter gewaarsku dat die daling in die rentekoers nie noodwendig die ekonomie sal kan red nie, aangesien die ekonomiese klimaat nie goed is nie. Hy het ook gesê dat die rentekoers weer kan verhoog as inflasie weer ‘n gevaar sou begin word.