Rekord hoeveelheid kokaïen gevind in Duitsland

Die polisie in Duitsland het beslag gelê op tonne kokaïen wat op ’n nuwe manier versend word na verskillende dele van die wêreld.

Die versending met vragskepe word so gedoen dat die afsender sowel as die ontvangers van die besending kokaïen nie maklik opgespoor kan word nie.

Die polisie in Duitsland kon egter daarin slaag om ’n besending van byna vier metrieke ton kokaïen opspoor voordat dit onder dwelmhandelaars versprei kon word. Die reuse besending is in Hamburg gevind en die waarde daarvan beloop 800 miljoen euro.

Daar is vasgestel dat die kokaïen afkomstig is van Suid-Amerika, en is daar verskeep gedurende Mei vanjaar.

Die besending is “gewaarborgde besending” gemerk wat normaalweg beteken dit is behoorlik geïnspekteer deur die owerheid.

Kenners sê dit toon dat die dwelmsmokkelaars ook ’n houvas gekry het op die inspeksie afdeling waarvandaan dit verskeep is.