Ramaphosa nieblank, nie swart

Nadat die EFF-leier, Julius Malema, homself betreklik gewelddadig ingedring het op die kampus van die Universiteit van Kwazul-Natal se Westville kampus, het hy weer radikale uitsprake gemaak en veral die ANC se adjunkpresident, Cyril Ramaphosa, bygekom.

Nadat die universiteit toestemming vir die besoek van Malema teruggetrek het, het Malema met ‘n vragmotor eenvoudig voortgegaan en hom nie aan versperrigs gesteur nie en studente tog toegespreek.

Hy het gesê Ramaphosa is nie swart nie maar slegs nieblank, en daarom behoort hy nie vir Suid-Afrikaanse tenders te kwalifiseer nie.  Ramaphosa is nie regtig swart nie omdat wat hy doen, is om wit mense tevrede te stel.  “Ons wil nie swartes hê wat net ‘n front van wit mense is nie. Ons is nie skaam om te veg vir swart mense en hulle te bemagtig nie,” het Malema gesê.

Foto: Malema voor Natalse studente