Qatar verwerp Saoedi ultimatum

Die eise wat deur die Arabiese lande in die Midde-Ooste aan Qatar gestel word, is deur die regering van die land verwerp.

Die minister van buitelandse sake het in ’n verklaring gesê die eise van die ultimatum is bedoel om die soewereiniteit van Qatar te ondermyn.

Hy sê die regering van Doha is egter bereid om die eise te bespreek met die ander Arabiese lande.

Die minister van buitelandse sake, Sheikh Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani, het Saterdag gesê dat die 13 vereistes wat aan Qatar gestel word deur Saoedi-Arabië en sy bondgenote, om die blokkade te beëindig, kan nie nagekom word nie.

“Enige iemand is bewus dat die eise bedoel is om die soewereiniteit van die staat van Qatar te ondermyn”, het Al-Thani aan die pers in Rome gesê.

Die Saoedi-alliansie het onder meer geëis dat Qatar sy ondersteuning beëindig aan die Moslemse Broederskap, die beëindiging van uitsaairegte aan Al Jazeera, vermindering van diplomatieke bande met Iran, en die sluiting van ’n Turkse militêre basis in Qatar.

Die regering van Qatar maak staat op die VSA en Italië om die breuk met die Saoedi-groep lande te herstel, maar tot hede kon geeneen van die twee lande enige verandering teweegbring nie.

Intussen het die Saoedi-alliansie bekendgemaak dat hulle die ultimatum met 48 uur uitstel om Qatar geleentheid te gee om te besin oor sy optrede.

Foto – Sheikh Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani