President Macron se gewildheid daal

Die Franse president Emmanuel Macron moet reeds in sy derde maand as staatshoof sien hoe die kiesers hom die rug draai en hoe sy gewildheid vinnig gedaal het.

’n Peiling wat deur die Journal du Dimanche gepubliseer is, toon dat daar nog 54% steun vir die jong president is, terwyl hy ’n maand gelede 65% steun geniet het.

Slegs 47% van die Franse kiesers is “grotendeels tevrede” met hom, maar in Junie was dit 55%, terwyl slegs 7% “volkome” tevrede is.

’n Maand gelede was meer as 19% volkome tevrede met sy optrede.

Diegene wat “baie ontevrede“ is het gestyg met 3% in die afgelope maand,

Foto – Emmanuel Macron