PPC se HUB bedank

Skaars ‘n week nadat Tito Mboweni van die PPC raad bedank het, het die hoofuitvoerende beampte, Darryl Castle, ook bedank.

Hy sal egter vir ses maande in raadgewende hoedanigheid aanbly om ‘n gladde oorname te verseker.

Mnr Johan Claassen sal as waarnemende uitvoerende hoof waarneem totdat die raad ‘n nuwe aanstelling gemaak het.

Foto: Daryl Castle