Poolse president teken omstrede wetgewing

Ten spyte van ’n onderneming van die Poolse president om die omstrede wetgewing te veto, het hy gister tog die wet onderteken en daarmee die parlement gemagtig om self die land se regters aan te stel.

President Andrzej Duda het twee dae tevore te kenne gegee dat hy die nuwe wetgewing gaan veto omdat dit nie hervorming van die Departement van Justisie is nie, maar die onafhanklikheid van die regbank benadeel.

Die president het juis die reg om te veto geopper nadat derduisende ontevredenes betoog het teen die voorgestelde wetgewing.

Volgens mediaberigte sou die president minstens twee van die voorgestelde wetgewings veto nadat die betogers hulle op hom beroep het om die wetgewing te veto.

Dinsdagoggend het ’n woordvoerder van die nasionalistiese konserwatiewe PS party bevestig dat die president die derde dokument onderteken het.

Een van die wetswysigings wat wel deur die president geveto is, bepaal dat die bestaande regters deur die Minister van Justisie vervang kan word.

Politieke waarnemers is geskok oor die toedrag van sake en sê die regerende “Reg en Geregtigheid Party” (PS) het hulle belofte gebreek met die ongrondwetlike optrede.

Foto – President Andrzej Duda