Polisie brutaliteit bevraagteken

Polisie was in 59 gevalle betrokke waar lede van die publiek gedood is in Gauteng.

Ondersoeke na die voorvalle het niks opgelewer nie en geen polisiebeampte is vervolg of geskors weens sy gedrag nie.

Oproepe dat basiese menseregte nie deur SAPD lede nagekom word nie, gaan uit van verskeie instansies nadat meer as 154 aangehoudenes in selle dood is.

1 857 sake van aanranding is teen polisiebeamptes aangemeld in 2016.