Pearl Bhengu nuwe HUB van SASSA

Minister Bathabile Dhlamini het aangekondig dat Pearl Bhengu die nuwe uitvoerende hoof van SASSA sal wees.

Sy was SASSA se streeksbestuurder in Natal sedert 2012.

Dit volg na die gesamentlike ooreenkoms tussen Dlamini en Thokozani Magwaza dat sy kontrak beëindig sal word.

Alhoewel Scopa se verklaring, dat hul Magwaza ten volle ondersteun en dat hy in sy pos moet aanbly, ure voor hy self sy kontrak beëindig, aanvanklik bevraagteken is, blyk dit nou dat Magwaza deur die minister onder druk geplaas is om te bedank.

Ondertussen is daar relatief weinig bekend van die nuwe hoof.