OUTA kla minister aan van hoogverraad

Die burgerregte organisasie teen die misbruik van belastinggeld, OUTA, het klagtes van hoogverraad, uitbuiting, korrupsie, bedrog en diefstal gelê teen die minister van Minerale Bronne, Mosebenzi Zwane.

OUTA het ‘n 51-bladsy verklaring opgestel en die klagtes is ingedien by die Randburg polisiestasie.

Die klagtes spruit voort uit Zwane se beweerde rol waar hy die gebroeders Gupta gehelp het om die Optimum myn te bekom en die beweerde diefstal van geld by die Vrede melkplaas om die troue van die familie Gupta te befonds.