Outa het geen geloof in Muthambi

Die organisasie OUTA het aangekondig dat hul klagtes van verraad teen Faith Muthambi, die vorige kommunikasie minister, gelê het.

Dit volg na die Gupta E-posse getoon het dat Faith vertroulike kabinetsdokumente aan die gebroeders Gupta gestuur het en dat dit neerkom op verraad.

Drie kabinetsdokumente is hier ter sprake wat gestuur is aan Tony Gupta, Duduzane Zuma en Sahara se hoof uitvoerende beampte,Ashu Chawla.

Sy kan lewenslange tronkstraf hiervoor opgelê word by skuldigbevinding.

Politieke ontleders meen dat Robbeneiland dalk weer omskep moet word in ‘n hoë profiel tronk vir presidente, ministers en staatsamptenare, insluitend die polisie se kommissarisse.