Oud-weermag generaal in die hof

‘n Vorige SANW generaal het in die Pretoria-Noord hof verskyn op aanklagte dat hy 295 werksoekers poste beloof het in die weermag.

Petrus Ndaba, ‘n 55 jarige oud SANW generaal is in 1993 skuldig bevind aan moord waarna hy ses en ‘n half jaar van sy 10 jaar vonnis uitgedien het.

Volgens die aanklaer het Ndaba ‘n geskiedenis van klagtes van aanranding, bedrog, crimen injuria asook kaping teen hom.

Werksoekers het glo tussen R300 en R800 aan Ndaba vir registrasie betaal asook R1 800 vir opleiding.

Hy is onlangs uitgeskop uit ‘n huis in Karenpark weens agterstallige huur.

Foto: Petrus Ndaba