Opskudding oor Trump se nuwe aanstelling

President Donald Trump van Amerika het weer vir ’n opskudding gesorg toe hy die bankier, Anthony Scaramucci, as nuwe kommunikasie direkteur aangestel het.

Verskeie Republikeine het die president geadviseer om liefs nie die bankier te oorweeg vir die pos in die Wit Huis nie.

Die aanstelling het ook tot gevolg dat die senior woordvoerder in die Wit Huis, Sean Spicer sy bedanking ingedien het en aan die einde van Augustus uit diens tree.

Na bewering is Anton Scaramucci na ’n onderhoud van 30 minute aangestel in die pos, terwyl Ivanka Trump, die dogter van die president, ook teenwoordig was.

Anthony Scaramucci is bekend daarvoor dat hy ’n getroue ondersteuner van president Trump is, wat reeds vir etlike jare bevriend is met die Trump familie.

Scaramucci is ook ’n belangrike borg van die Republikeinse Party, en stigter van die SkyBridge Capital beleggingsmaatskappy, maar is ook hoof van die Export and Import Bank.

Hy sal glo aan die einde van Augustus sy amp as kommunikasie direkteur opneem.

CNN het probeer om Scaramucci te beskuldig daarvan dat hy ook betrokke is as kontakmaker met die Russe, maar moes later hulle bewerings terugtrek en het uiteindelik die verslaggewer afgedank.

Foto – Anthony Scaramucci