Openbare Werke amptenaar neem R 1,4 miljoen

‘n Departementele werknemer van openbare werke gaan in die hof in Bloemfontein  verskyn op klagtes van bedrog en korrupsie van ongeveer R1,4 miljoen.

Die amptenaar is by die Ficksburg grenspos in hegtenis geneem nadat hy die land uit wou vlug.

Sameswering met ‘n diensverskaffer het gelei tot die uitbetaling van gelde nadat onwettige eise ingedien is.