Oos-Kaap polisie by veediefstal betrokke

Twee polisie beamptes van die Oos-Kaap is in hegtenis geneem nadat 15 skape in hul besit gevind is.

Daar word beweer dat hulle die skape ter waarde van R27 000 gesteel het. Daar is beslag gelê op die voertuig waarin die skape vervoer is.

Die voorval het in die Butterworth gebied plaasgevind.

Intussen word boere weer aangemoedig om hulle geregistreerde veemerke op skape en beeste aan te bring, aangesien dit opsporing en bewys van eienaarskap kan bespoedig.