Oor goeie en minder goeie swemmers

U berig in u uitgawe van 27 Julie 2017 oor die Suid-Afrikaanse swemmers wat weer so goed presteer het in Budapest, het my met nostalgie laat terugdink aan die Olimpiese Spele van 1984 in Los Angeles (ja, einste daardie berugte Zola Budd-Mary Decker-Spele).

Ek en my reismaat, was gelukkig genoeg om kaartjies vir die Olimpiese swem te kry. Aan een swem-item neem Botswna se beste Olimpiese swemmer toe ook deel. Wel, al die swemmers was al klaar, toe trek Botswana nog nie eers by die omdraaipunt nie…

Wonder wat sou gebeur het as daar ‘n krokodil in die swembad gegooi was…?

JF Wiesner