Obamacare oorleef net-net

Die omstrede Obamacare gesondheid versekeringsplan het voorlopig net-net oorleef nadat die Amerikaanse Senaat teen die afskaffing daarvan gestem het.

Dit het later bekend geword dat drie Republikeinse senatore saam met die linkse Demokratiese senatore gestem het om Obamacare staande te hou.

Die Republikeine het die “foute” uit die Obamacare plan verwyder en as nuwe voorstel laat dien, maar senatore John McCain, Lisa Murkowski en Susan Collins, het saam met die Demokrate gestem, en daarmee gewen met ’n enkele stem.

Met die uitslag is die Republikeine en president Trump ’n swaar nederlaag toegedien, maar kenners meen die aangeleentheid sal binnekort weer ter tafel geneem word wat die bordjies kan verhang.

Die afskaffing van Obamacare is een van die sterkste beloftes wat president Trump aan die kiesers gemaak het tydens die verkiesingsveldtog, maar die voorstelle wat tot hede gedien het was telkens onaanvaarbaar vir die meerderheid senatore.