Nuusflitse

Twee ANC provinsies distansieer hul van die broers

Die ANC in Natal en Oos-Transvaal het hulself gedistansieer van die Guptas en die familie versoek om weg te bly van die party. Die twee provinsies blameer die broers vir die party se beeld wat geskaad is deur hul toedoen.

 

Vuwani – meer probleme

Die inwoners van Vuwani het gedreig om die dorp teen Maandag te “sluit” sou die munisipaliteit van die Vhembi distrik nie die besluite van Jacob Zuma implementeer nie. Hy het dienste beloof maar daarvan het niks gekom nie.

 

“Polisiebeamptes” buit slagoffers uit

Slagoffers van motordiefstal in Noordwes, word deur mense wat hulleself voordoen as polisiebeamptes gekontak, wat hulle dan vra vir geld om hulle voertuig te kan terugkry.

 

Mandela-boek maak opslae

Klagtes wink teen sy dr. Vejay Ramlakan, voormalige geneesheer-generaal, se boek oor Nelson Mandela se laaste dae. Graca Machel en oo die eksekuteurs van Mandela se boedel dreig met regstappe omdat hulle  glo Ramlakan het die vertroulikheid tussen ‘n dokter en pasiënt geskend.