Nuusflitse

Begrafnis uitgestel ook lykshuis staking

Die staking by lykshuise, het daartoe gelei dat lykskouings ver agter is, met die gevolg dat begrafnisse uitgestel moet word. Een van die begrafnisse wat onbepaald uitgestel is, is dié van die vermoorde boer, Dries (Bloubul) Botha.

 

Nog top spesialiste loop

Nog twee top spesialiste in die Vrystaat het bedank, en dié provinsie se gesondheidsdienste in ‘n krisis laat beland. Prof. Schalk Wentzel en dr. Maryke Spruit het nie langer kans gesien om hulle werk voort te sit by dié departement nie.

 

Nog ‘n waterkrisis

Daar is nog geen verligting vir die waterkrisis in die Wes-Kaap nie, en nou wil dit voorkom of die Oos-Kaap en Port Elizabeth op ‘n soortgelyke krisis afstuur, terwyl reënvooruitsigte nie rooskleurig lyk nie.

 

Voëlgriep versprei verder

Kommer bestaan in die pluimveebedryf nadat voëlgriep op nog twee plase uitgebreek het. Dié hoog aansteeklike siekte het nou van Oos-Transvaal na die PWV-gebied versprei, en ses plase is nou reeds onder kwarantyn geplaas.