Nog ’n terroristeleier sneuwel

Nog ’n leier van die Islamitiese Staat (IS) het omgekom in ’n lugaanval wat deur ’n Amerikaanse vegvliegtuig uitgevoer is in Afganistan.

Die leier, Abu Sayed, is verlede week gedood volgens ’n woordvoerder van die Pentagon, en gesê die leier is gedood toe ’n lugaanval uitgevoer is op die hoofkwartier van die terroristebeweging.

Die Islamitiese Staat se hoofsentrum is in Kumar geleë, waar die Amerikaanse vegvliegtuie ’n reeks aanvalle uitgevoer het om die terroriste se mag in Afganistan te breek.

Die verdediging woordvoerder in die Pentagon, Dana White, het Vrydag gesê die aanval wat uitgevoer is, het ook talle ander vegters van die Islamitiese Staat gedood saam met hulle leier.

Vroeër is berig dat verskeie ander leiers van die terroriste beweging in die Midde-Ooste omgekom het in lugaanvalle, wat groot terugslae beteken vir die organisasie wat tans gebuk gaan onder hewige aanvalle in verskillende wêrelddele.