Nog ’n kraak in Antarktika ontdek

Slegs ’n week nadat vasgestel is dat ’n multi-miljard ton ysberg gekraak en weggebreek het by Larsen C in Antarktika, het wetenskaplikes nog ’n reuse kraak opgespoor.

Kommer bestaan noudat die deel wat nou kan afbreek en baie ys in die see loslaat wat moontlik veranderings in temperatuur kan teweegbring.

Die deel wat verlede wek afgebreek het, is die grootste wat tot nog toe waargeneem is in die gebied.

Wetenskaplikes wys daarop dat alhoewel die wegbreek kan verander in ’n nuwe maar kleiner ysberg, is daar ook die risiko dat stabiliteit negatief beïnvloed kan word.

Die kraak wat opgemerk is, strek oor ’n afstand van sowat 6 kilometer en het waarskynlik gevorm kort nadat die eerste deel weggebreek het.

Wetenskaplikes erken dat hulle nog te min weet oor die ingewikkelde natuurverskynsels van Antarktika, maar monitor die verwikkelinge nou op ’n deurlopende basis.