Nog ‘n inbraak by staatsinstelling

Die naweek is by twee kantore van die Nasionale Vervolgingsgesag op Kerkplein, Pretoria, ingebreek en twee skootrekenaars is volgens ‘n woordvoerder van die NVG  gesteel.

Dit is die derde owerheidsinstelling in Pretoria wat deurgeloop het onder inbrake, nadat daar verlede week ingebreek is by die lisensiekantore van Waltloo en Centurion, asook by die Valke se kantoor in Silverton.

Dit wil voorkom of daar nou op groot skaal pogings aangewend word om inkriminerende dokumente en inligting te verwyder om te voorkom dat skuldiges in staatsdepartemente asook lede van die ANC regering vervolg kan word.

Die e-posse wat gelek is rondom Gupta-broers het ‘n klomp jakkalse losgelaat in die hoenderhok.

Soos in die geval by die Valke, wil dit ook voorkom of die diefstal by die NVG van binne georganiseer is, wat die soveelste geval sal wees waar wetstoepassers nou die wetsoortreders geword het.