Nog ‘n hoë profiel inbraak

Die kantore van die hoof staatsaanklaer in Pretoria het deurgeloop onder inbrake.

Volgens inligting is daar by die hoof staatsaanklaer, Matric Luphondo, se kantore ingebreek ten spyte hoë sekuriteitsmaatreëls.

Dit is nie duidelik of Luphondo tans met enige sensitiewe sake besig is nie.  Daar is ook nie bekendgemaak wat moontlik uit die kantore gesteel is nie, en of sekere sake daardeur dalk geraak kan word.

Die moontlikheid dat die inbraak met hulp van binne gepleeg is, word nie uitgesluit nie.