Nog ‘n agent bedank

Alexander Forbes het aangekondig dat hul nie-uitvoerende direkteur, Moses Kgosana, met onmiddellike effek bedank het van die raad.

Kgosana sou op 31 Augustus die pos as voorsitter van KPMG oorneem maar hy is verlede week ontbloot dat hy noue verbintenisse het met Atul Gupta.  Die verbintenis het hy skynbaar reeds gehad gedurende die tyd dat KPMG betrokke was by die Oakbay groep as ouditeure en adviseurs.

Die luukse troue van die Guptas is skynbaar afgeskryf as “besigheidsuitgawes”, en ‘n moontlike ondersoek na belastingontduiking is op die oomblik ook ‘n moontlikheid.

Intussen gaan KPMG ook ondersoek word, ten spyte van die feit dat hulle reeds enkele jare gelede die bande met die Guptas verbreek het.