Nog band, klippe, chaos en verkeersontwrigting

Inwoners van Diepsloot het hoofroetes op die N14 en R511 paaie versper weens die gebrek aan elektrisiteit in die informele plakkerskamp.

Intussen word krag daagliks gesteel in bykans elke swart woonbuurt deur onwettige koppelings vanaf kragpale.

Eskom asook die plaaslike owerhede en die polisie tree eenvoudig nie op teen die diefstal nie, aangesien die gemeenskap wetstoepassers se lewens bedreig sodra hulle in die digbevolkte woonbuurte inbeweeg.

So gaan miljoene rande se kragverbruik maandeliks na plakkers en onwettige immigrante.

Waarnemers meen dit is duidelik dat die ANC bewind het beheer verloor het oor sy  ondersteuners wat ‘n klompie jare gelede aangemoedig is om te doen wat en waar hul wil.