Nasionale paaie versper

Motoriste het weer die frustrasie beleef dat dit nie moontlik is om sinvol te beplan om betyds op ‘n bestaande bestemming aan te kom nie, omdat paaie versper word deur betogende misdadigers.

Sodanige optrede het gister die vrye beweging op die N3 hoofweg versper het naby Alexandria nadat die pad versper is met brandende bande en klippe oor klagtes rakende HOP huise.

Ook by Ventersdorp is die N14 versper en voertuie op die pad met klippe bestook, terwyl ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek is.

Skynbaar is die misdadige betogers ontevrede oor die feit dat inwoners wat voorheen nie vir dienste betaal het nie, dit nou sal moet doen.

Vir motoriste is dit onverstaanbaar en onaanvaarbaar dat hulle die slagoffer moet word en skade moet ly as gevolg van ontevredenheid waarby hulle nie betrokke is of waaraan hulle niks kan doen nie.

Foto: Die N3 hoofweg buite Johannesburg gister