Nalatige Openbare Werke baas word beloon

Sam Vukela, die waarnemende direkteur-generaal van openbare werke, was betrokke by die omstrede polisie huurooreenkoms van bykans R500 miljoen. Daar is bevind dat hy nalatig was deur die kontrak goed te keur en is in 2013 afgedank.

Nou het hy deur arbitrasie die saak gewen en is heraangestel met ‘n R2 miljoen uitbetaling vir die tyd wat hy “werkloos” was.

Vukela was ook betrokke by die Nkandla sekuriteitsopgradering debakel maar is nie vervolg nie.

Foto: Sam Vukela