Musk bou wêreld se grootste batterystelsel

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en tegnoloog, Elon Musk, het na onderhandelinge aangekondig dat hy die wêreld se grootste batterystelsel in Australië gaan oprig.

Musk, die stigter van die Tesla motorvoertuig, en oprigter van die SpaceX ruimtevaart maatskappy, gaan die wêreld se grootste batterystelsel vir die gebruik in ’n windplaas projek, binne maande oprig.

Volgens inligting sal die battery wat in die Australiese fabriek vervaardig word, die kragtigste batterystelsel wees wat bestaan

Die Australiese premier, Jay Weatherill, het bevestig dat die ooreenkoms aangegaan is en dat dit deel vorm van die land se $550 miljoen energie plan.

Musk het vroeër gesê die projek sal sodanig bestuur word dat die battery wat vervaardig gaan word om Suid-Australië se kragprobleem op te los, binne 100 dae gelewer kan word.

Tesla sal die stelsel installeer en in werking stel binne 100 dae nadat die ooreenkoms onderteken is, en indien dit nie gebeur nie, sal die installasie gratis gelewer word.

Romain Desrousseaux, die adjunkhoof van Neoen sê die battery, bekend as ’n 129MWh wat vir Suid-Australië gebou gaan word, is die grootste in die hele wêreld.

Die battery sal gekoppel word aan die windplaas wat deur Neoen opgerig is in die omgewing van Jamestown, en sal stabiliteit bied aan die windplaas se kraglewering.

Musk het later gesê die projek sal die grootste battery installasie wees wat in die wêreld opgerig is, alhoewel dit besondere uitdagings bied,  is Tesla gereed daarvoor.

Foto – Elon Musk