Motorvoertuig vir die toekoms

Die toename in elektries aangedrewe voertuie was reeds ‘n halfmiljoen in 2015 en neem steeds toe met die verwagting dat dit meer as dertig miljoen sal wees binne twintig jaar. De ryafstand bly nog ‘n tekortkoming en die battery moet met brandstof aangevul word om die afstand te verleng wat tans maar ongeveer 160 kilometer is. Die koste is besig om te verlaag met batterye wat verbeter en produksiekoste wat verlaag.

Terwyl die binnebrandenjin met sy besoedeling se dae getel word, is die finale beslissing nog nie gevel oor die aandrywing van die toekoms nie, alhoewel elektriese aandrywing tans die voortou neem.

‘n Sterk mededinger vir die toekoms is waterstofaandrywing. Die voertuig het ‘n reisafstand gelyk aan die tradisionele brandstofvoertuig. Beide EV en WV het sekere voordele en tekortkominge. Beide loop besoedelingsvry; die EV het ‘n kort ryafstand van slegs 160 km en neem ure om te herlaai (tans kan 80% in ‘n halfuur gelaai word); die WV haal 600 km en kan binne minute hervul word. Die EV kry al hoe meer laaiplekke en kan ook tuis herlaai word; die WV se laaimetode is duurder en op minder plekke beskikbaar, alhoewel dit in die toekoms kan verander.

Intussen is die toetrede van vlieënde motorvoertuie al sterk op die horison en wag daar opwindende tye voor vir motoriste.