Mosoel: Terroriste verloor die stryd

Die Islamitiese Staat verkeer in ’n drukgang nadat die Irakse weermag en Koerdiese soldate hulle laaste vesting in Mosoel nader.

Die soldate verwag om binne ’n dag die Ou Stad van Mosoel binne te dring en die terroriste te verslaan.

Met Koerdiese soldate wat oor jare hulle vernuf getoon het in die stryd teen terrorisme, is dit bykans ’n uitgemaakte saak dat die Islamitiese Staat se tweede grootste vesting binne enkele dae herower sal word.

Die stad is gesuiwer van terroriste, en in die laaste geveg wat Sondag plaasgevind het, is sowat 50 terroriste doodgeskiet en ’n aantal in hegtenis geneem wat probeer het om te vlug.

Dit beteken dat duisende inwoners van die stad weer vrylik kan beweeg, en dat honderde gesinne sal terugkeer na die stad waaruit hulle vroeër moes vlug om die wreedheid van terroriste te ontsnap.

Die Ou Stad, soos dit bekend staan onder inwoners, bestaan uit smal kronkelende straatjies waarin huise is wat een na die ander verower moet word omdat dit deur terroriste beset is.

Die volgende paar dae sal die soldate nog die laaste paar terroriste uitsnuffel, maar die stad is nou volledig herower.