MiWay lasteraar toe self swart

Die naam van die persoon wat op die sosiale media die versekeraar MiWay as ‘n rassistiese maatskappy uitgebeeld het, is bekend gemaak. Hy is Mondli Madlala.

Madlala wat kwaad vir versekeraar omdat hulle nie sy eis vir ‘n gesteelde voertuig wou uitbetaal nie, maar hy het self nie sy verantwoordelik nagekom om ‘n opsporingstelsel in die voertuig te laat installeer nie.

Nadat MiWay persoonlik met hom gesels het, het hy verskoning aangebied en onderneem skoolkinders in te lig oor die gevare van sosiale media.

Anders as wat die geval was waar blankes van rassisme beskuldig word, is sy verskoning aanvaar. MiWay het hom die keuse gegee van ‘n openbare verskoning of strafregtelike vervolging. Hy het die verskoning verkies.

MiWay het intussen na die voorval gekapituleer nadat die radikale Black First Land First (BLF) hulle voor stok gekry het omdat hulle direksie net uit blankes bestaan. MiWay het onderneem om “transformasie” in werking te stel en hulle sal oor ses maande terugvoer daaroor gee aan BLF.