Misdaad skep misdaad

2017/07/03 w Beeld Nuus: Hierdie e-pos wat aan ondernemings in Sannieshof gestuur is, is blykbaar deur bedrieers onder die naam van ANC-hooggeplaastes gestuur. Foto: Verskaf. Berig: Susan Cilliers

Gewelddadige en misdadige betogings het nou die geleentheid vir ‘n nuwe besigheid geskep: misdaad.

Na die gewelddadige betogings in Wes-Transvaal vroeër, het ‘n vindingryke misdaadsindikaat na vore getree wat onder die naam van die ANC, sake-ondernemings die versekering gee dat hulle beskerm sal word indien betogings weer hand-uit ruk. Teen ‘n prys natuurlik.

Die prys wat betaal moet word is R11 500 vir kospakkies om armoede kwansuis uit te skakel.

Ondernemings het hierdie versoek gekry per e-pos, onder naam van ANC bekendes in Noordwes.  Die ANC ontken egter dat hulle daarby betrokke is, en dit is onseker of enige sake-onderneming in die bedrog slagyster getrap het.

Skynbaar gaan ‘n saak van bedrog ondersoek word.